Ons is talentvolle mense - kom ons kyk en help mekaar soos ons altyd gedoen het....

Wat is GEMNET - Gemeenskaps Netwerk

Gemnet is n poging om ons gemeenskappe met mekaar te laat praat, al kom jy van waar. Ek voel ons dryf uitmekaar tussen werkloosheid, geweld, armoede, moedeloosheid. Herleef ons ou waardes en standaarde.
** Ons is talentvolle mense - kom ons skep ons eie geleenthede en help mekaar, verdryf armoede.
** Kom ons hou ons ore oop en deel inligting op GEMNET .
** Kom ons kyk na ons kinders en oudstes asof hulle ons eie bloed is.
** Kom ons deel nuus van ons prestasies, drome, projekte of as ons hulp makeer.
** Kom ons reik uit na plase, valleie, gehuggies, dale - gee n boek, kombers, wiskunde les, computer les.
** Kom ons elkeen help een persoon, elke dag - ons is Gods mense wat SY liefde moet uitleef.
** Begin n boek klub, brei klub, koekies bak klub.
** Help as n ou se kar breek, of sy dak afwaai.

Neem deel en stuur goed in - laat die netwerk groei...