Handige maniere om iets te maak vir jouself of skool of om te verkoop en geldjie te maak...

pic

Koeldrank en bier blikkies...

As jy nou sit en niks doen, neh...dan vat jy n blikkie, en jy maak n asbak daarvan,...of jy vat jou tyd, en bou n kunswerk!

pic

Yard bottel besem

Gebruik n paar Jive bottels en n stok - sny die koppe van al die bottels behalwe een af. Sny al die onderpunte af. Sit die stok deur die een, en pas die ander bo-oor. Maak dit vas - knip die onderkante lekker dun soos in die prentjie om die besem te vorm...en siedaar!! n Lekker yard besem..

pic

Handige houertjie

Knip n bottel en versier deur toutjie handvatsel te maak en edges bietjie mooi te maak...

pic

Tyres

Met n bietjie verbeelding kan n tyre so in n stoel omgeskep word...Probeer verskillende style.

pic

Groente

Plant groente in enige houer, blik, halwe tyre, ou gutter, etc en hou op vensterbank of stoep of buite. Rissies, blomkool, uie, tamaties - als in n pot of blik.

pic

Vet uit jou panne

Moenie die vette uit jou pan weg gooi nie - gooi dit in n blik met ou teesakkies - die vetterige teesakkie steek dooierige vure sommer lekker aan.

pic

Genadendal

n Vrugbare stuk aarde - Kan die gemeenskap nie saamwerk met Agriculture + Rural Development en groot stukke grond gebruik om te beplant nie. Groente, etc. Verwerk dit self en verskaf aan winkels. Die staat het planne om die platteland te ontwikkel - gemeenskaps groepe kan vergaderings opstel en begin praat om die idee werklikheid te maak - of selfs iets anders voor te stel - dalk groot lavender lande wat suksesvol deur die gemeenskap self verwerk kan word - dalk albei?? Maak net seker al die werk word in die gemeenskap, deur die gemeenskap gedoen, en verryk nie weer n buitestaander of klein groepie alleen nie. Vra raad en bedryf dit soos n besigheid.

pic

Arniston

Die gemeenskap, tesame met Tourism & Seafisheries - wat daarvan dat mens artificial reefs met gabions of ander materiaal bou op 2 of 3 verskillende plekke, dit met visse be-voorraad, en dan kort boot ritte neem met toeriste om vir 20-30 minute te snorkel. In Kaapse watefront betaal mense om net rond te ry op klein bote - In Arniston kan mens glass-bottoms he, of mense toelaat om in veilige kampe te snorkel. Alles moet gedoen word deur die locals, en hulle moet opgelei word in toerisme besigheid, klein strand winkeltjies en curio shops, etc. Groei visse in kampe en verwerk en koop, is nog n idee. Zanzibar, en ander kuslande doen dit suksesvol - wat is fout dat dit hier gedoen word? Die gemeenskap besit dit en word self onderhoudend soos ouds.

Hou die area dop vir meer idees....